HEIMWEE
My hart verlang na die stilte
van die wye wuiwende veld;
ver van die stadsgeluide,
en die klinkende klank van geld.
Ek is moeg vir die rutelose lewe
van mense wat kom en gaan.
'k Wil terug na die vrye ruimte
waar 'n siel in woon, wat verstaan.
O, ek sien weer die son op die velde
en die ewige blou daarbo.
En my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë.
Ek sien weer die ylbloue berge
daar ver oor die westerkim,
en wonder nie meer waarom weemoed
so sag uit my liedere klim.
Klim na die grys lug bowe
waar die son in die miste kwyn,
want o, ek verlang na die velde,
Na die ewige sonneskyn.
LONGING
Text: JRL van Bruggen
Music: S le Roux Marais
My heart longs for the silence
of the wide waving veld (fields);
far from the sounds of the city
and the clanging sound of money
I am tired of this restless life
of people coming and going.
I want to return to the open space
where a soul lives, a soul that understands.
Oh, how I see the sun on the veld
and the ever-blue (sky) above.
Longing fills my heart,
and dreams swim in my eyes.
I see again the pale blue mountains
to the west in the distance,
and I no longer wonder why nostalgia
appears so gently from my songs.
Rise to the gray sky above
where the sun disappears in the mist,
because I so dearly long for the veld,
for eternal sunshine.