The following is extracted from Volume III of the 1986 edition of South African Music Encyclopedia (J.P. Malan, ISBN 0 19 570363 4)

LOUIS KNOBEL, baritone, born 12 September 1911 in Mochudi (Botswana), died August 1988

During his years at school in Heidelberg (Transvaal) Louis Knobel was instructed in singing by Stephen Eyssen, at that time a teacher at the Volkskool.  He sang at school concerts, at concerts arranged by the Orpheum and eventually also interpreted main roles in school operettas.  After he had moved to Johannesburg in 1931, Burns Walker became his singing teacher and, after Walker's death in 1932, Madame Leah Williams took charge of his voice production.  During the years under her guidance he won approximately 20 awards in the vocal section of the Johannesburg Eisteddfod and presented himself as a stage and radio vocalist.  Starting in 1929, when he sang in his first broadcast programme, Knobel became one of the first singers to achieve a reputation in the radio medium.  Through the years his programmes were marked by a delicate preference for Afrikaans songs.  Quite often he presented new songs by Stephen Eyssen, S le Roux Marais, D Roode, PJ Lemmer, ML de Villiers, Johannes Joubert, Sydney Richfield and Arthur Ellis.

The years from 1932 to 1940 saw the rise of the Afrikaners' political and cultural aspirations on the Witwatersrand and elsewhere in South Africa, and songs in Afrikaans were in great demand.  Knobel often had to devote several evenings each week to appearances at "cultural evenings" (often three in one evening!), at times rewarded with less of an ovation than the traditional hop-dance which preceded him on the programme!

In Johannesburg he was an active participant in John Connell's opera seasons and sang main roles in The Beggar's Opera (Weill), Il Trovatore and Carmen.  On a few occasions he also interpreted parts in Messiah and the St Matthew Passion, in both Johannesburg and Pretoria.  From 1938 until the outbreak of the Second World War he was in London where he studied voice production under the guidance of George Baker.  During the same time he became the first Afrikaans announcer ever appointed by the BBC and prepared programmes in which he propagated the Afrikaans art song.  This commendable work was continued in South Africa after 1939 when he worked for the SABC as an announcer, recording some 120 Afrikaans songs in the years up to 1947.  For the rest he appeared at concerts, made commercial recordings and interpreted a number of opera parts.  Mainly as a result of his enthusiasm, the Pretoria Opera Group was formed in 1954.  This organization played its part in keeping opera alive in the Transvaal until this art form acquired a permanent basis in the Performing Arts Council of Transvaal (PACT) in 1962.  SInce then he has served on the opera management of PACT.

In 1947 Louis Knobel entered the film world when he was appointed to the staff of State Films.  When the Film Board was established in 1964 he was at first Chief Production Manager and then Head of the Film Institute.  From 1971 to 1979 he served as lecturer in film production at the Technicon in Pretoria and from 1979 served on the staff of the HSRC's Sound Archives, also in Pretoria.

~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

Louis Knobel  (1911-1988)
Joubero Malherbe

‘O kom tot my, o kom tot my’ weerklink die warm stem met Invocatio van Sydney Richfield deur die kerkgebou.  Wie sou die gelukkige bruid wees wat só deur haar aanstaande, toegesing word?  Vir Rita Schutte, ‘n onvergeeflike dag toe Louis Knobel,
deftig in swaelstertpak, haar só syne gemaak het.

As mens Louis gevra het waar hy op sy gelukkigste was - dan was dit nie die kere waar hy in aandpak op verhoë, ja selfs in Drurylane, gestaan en sing het nie, maar wel in die Kalahari, want as sendelingskind is hy op Mochudi, Botswana gebore op 12 September 1911 en het van kindsbeen af die inheemse tale leer praat.

Soos meeste sendelingkinders moes Louis en sy broers Stevie en Rocco weggestuur word na skole in Suid-Afrika.  Die keuse het op Heidelberg (Transvaal) geval.  Daar het ‘n lewenslange vriendskap met Wynand Viljoen ontstaan.  Wynand het vertel dat die Knobel-seuns in daardie dae eers met ‘n ossewa en dan ‘n goederetrein na Heidelberg gereis het, dit het soms dae geneem met die gevolg dat hulle slegs een of twee keer per jaar huis toe kon gaan.

Dit het gou geblyk dat die drie seuns goed kan sing.  Stephen Eyssen was die hoof van die hoërskool en dit was nie lank nie of hulle was ingeskryf vir elke kunswedstryd en Louis het hoofrolle in operettes en solos in Orpheumkonserte gesing.  Nou die dag het Rita van die trofeë aan my gewys.  Stephen Eyssen was in daardie dertiger dae ‘n gesogte uitsaaier by die SAUK en per geleentheid het Louis as skoolseun saam met hom opgetree met ‘n uitsending in 1929.

In 1931 in Johannesburg het hy begin om ernstig aandag aan sy sang te gee.  Aanvanklik was hy by Burns Walker, en na 1932 by die bekende Leah Williams vir sangonderrig.  Eisteddfods was in daardie jare baie gewild en Louis het plus minus 20 toekennings verower.  Die radio het hom uitsaaigeleenthede gebied en as konsertsanger was hy in aanvraag.

Louis het ‘n groot liefde vir die Afrikaanse lied gehad en sommige liedere van komponiste soos S le Roux Marais, Stephen Eyssen, PJ Lemmer, Arthur Ellis, Sydney Richfield ea is vir die eerste keer gesing deur Louis Knobel.  Selfs in Londen het hy die Afrikaanse lied propageer, want in1938 terwyl Louis in Londen was om stemvorming by die bekende George Baker te leer, is hy gevra om Afrikaans uit te saai op die BBC Suid-Afrikaanse uitsendings.  Hy was dus die eerste om in Afrikaans vir die BBC uit te saai na Suid-Afrika op Sondagmiddae.

Na die uitbreek van die tweede wêreldoorlog het hy teruggekeer na Suid-Afrika en as omroeper by die SAUK aangesluit.  Gedurende hierdie periode het hy ongeveer 120 sangopnames vir die SAUK gemaak.  Met die gevegte in Noord-Afrika waarby
groot getalle Suid-Afrikaanse soldate betrokke was het die SAUK besluit om omroepers na die Noorde te stuur.  Die keuse het op Louis en Bruce Anderson geval.  Dit was vir Louis ‘n groot ervaring en het hy nuus gedek van El Alamain tot in Italië.  Sy berigte het hy op ‘n draagbare tikmasjientjie agter op hul ‘Jeep’ getik.

Aangesien hy ‘n groot belangstelling gehad het in fotografie is daar in die besit van die gesin waarin die verwoesting, die wreedhede sowel as die ligter oomblikke vasgevang is.

Terug in Suid-Afrika het hy by meneer Coley gaan kers opsteek hoe om rolprente te maak.  Gou het hy in 1946 ‘n pos gekry in Union Films.  Een van die eerste films wat hy gemaak het, was Die Wildsboutjie van Fritz Steyn.  In 1947 met die totstandkoming van die Nasionale Filmraad het hy in die pos wat hy beklee het, baie gedoen om ons land bekend te stel, maar miskien was die herstel en bewaring van die vroegste Suid-Afrikaanse films vir die nageslag iets wat ons dankbaar voor moet
wees.  So byvoorbeeld was daar die rolprentopnames van 1898 van President Paul Kruger en die aankoms van die Britse troepe wat in die Anglo Boereoorlog kom veg het.

In 1971 het hy aangesluit by die Pretoria se Tegniese Kollege as lektor in filmproduksie tot sy uittrede.  Een van films The Remnants of a Stone Age People oor Boesmans het ‘n goue medalje gekry tydens die Montreal Filmfees.

Ek onthou hoe godsdienstige en kerklike instansies hom genader het om vir hulle rolprente te maak.  Op ‘n dag lui my foon - dis Louis. ‘Joubero ek het jou nodig vir ‘n rolletjie.  Wil jy nie ‘n waarsegster vir ons wees nie?’  My antwoord was natuurlik ‘Ja, enigiets buitengewoons!’  Hier aangekom by die huis vir die skote het ek ons papegaai nadergetrek, ‘n swart kant tjalie oor my hare gegooi, yslike hangoorbelle aangesit en elke ring in die huis aan my vingers gesit en gewag vir die getikte woorde.  Die teks was deur iemand anders wat seer sekerlik geen idee gehad het van hoe ‘n waarsegster sou praat nie, geskryf.  Joey Kleynhans wat nou haar fortuin wou hoor speel toe saam toe ek wegval met ‘Lady, cross my palm with silver’.  Toe improviseer
ons dat dit klap - ek wys gansegaar die kaarte vir die papegaai.  Ek sien toe uit die hoek van my oog hoe Louis die spulletjie geniet en hoe verdwaasd die skrywer van die teks ons aanstaar.

Dit het egter nie net by films gebly nie. Louis het nog altyd gesing.  Later jare nie meer soveel solo optredes nie, maar wel in kore en ensembles.  Die Cantare-koor was dié koor in Pretoria.  Helena Strauss se dames- en die mannekoor Cantare het menige uitvoering saam gegee.  Een aand in 1957 sal almal wat daar was altyd onthou.  Dit was die eerste keer dat die nuut gestigte vokale kwartet, die Pretoria Kwartet in ‘n huiskonsert by Schalk Visser sou optree.  Die vier sangers was Gé Korsten (tenoor), Charlé Albertyn (sopraan), Helena Strauss (mezzo-sopraan) en Louis Knobel (bariton).  Nog nooit het Brahms se Liebeslieder Walzer so mooi geklink nie.  Die klavierduo-begeleiding was deur Bonnie Osterhoff (Engel) en Ria Nel.  Geen wonder dat hierdie kwartet daarna oral opgetree het en dikwels beskrywe was in die pers - as ‘die hoogtepunt van die aand.’

In 1956 het Peter Rorke gevoel dat daar vir Pretoria ‘n operagroep moet wees.  Een van die eerste mense wat hy genader het, was Louis Knobel en die twee het aan die werk gespring en tot die koms van Truk (Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste) gesorg dat operas plaaslik opgevoer was. Louis was vir baie jare die voorsitter en ons was ‘n entoesiastiese klomp.  Gelukkig het ons Louis oorreed om ook op te tree.  So was hy dan in 1960 in Madama Butterfly Prins Yamadori en in Lenteliefde (Schubert se lewe) Herr Christian Veit.

Anton Hartman, wat die dirigent van ons Butterfly aanbieding was, was ‘n vriend van Louis en het eenkeer in ‘n radioprogram oor hom gepraat en gesê: ‘Louis was ‘n uitstekende sanger wat aan ons Afrikaanse musiek ‘n groot diens bewys het deur die Afrikaanse lied oral voor te dra.  Hy was ‘n man wat ‘n lied baie vinnig kon leer en goed kon vertolk.  Die gevolg was dat hy grootliks in aanvraag was.  Een keer het ek die voorreg gehad om saam met hom in die Kalahari ‘n paar dae deur te bring.  Ons
het met sy vierwielaangedrewe voertuig oor Molopololo die woestyn ingery op ou wielspore totdat die spore ophou, en toe by ‘n droë pannetjie by ‘n boom kamp opgeslaan.  Dit was ‘n onvergeetlike tyd.  Louis ken nie net die veld en die hele omgewing nie, maar ook die taal van daardie mense.  Hy noem dit Magalagadi.  Wat ‘n wonderlike gids.’

Waar Anton Hartman een keer saam was, was Wynand Viljoen talle kere Louis se regterhand.  In ‘n onderhoud het Wynand alles voor mens laat afspeel.  Jy kon selfs die tsammas voor jou sien.  Wynand vertel: ‘Keer op keer was dit ‘n belewenis om saam met Louis, wat nie net Tswana vlot kon praat nie, maar ook Magalagadi en al die verskillende dialekte, te onderhandel met die San en Boesmans, om pyle en boë of kokers te koop.  Die onderhandelings kon sommer lank duur - Het die pyl gif aan?  Wat vra jy vir hierdie boog - hierdie een is waardevol - en alles in hulle taal wat eindig met twee woorde: olraait, bakgat!

‘Saans was die lieflikste tyd. Die sterre is daar so helder.  As ons vuurtjie brand en knetter, hou Louis vir ons huisgodsdiens en dan sing ons in stemme.  Maar ai, ons was vuil, want jy weet daardie waterjies drink jy mos net - jy was net jou oë so ‘n bietjie en die waai van jou arm waar dit so ‘n bietjie taai is.  Jy moes ons sien met halfmasbaarde, kortbroek en velskoen.  Ek koester vandag nog die herinneringe.’

Terug in Pretoria het Louis eendag oor die straat gestap en ‘n polisiemotor wat ‘n oortreder gejaag het, het hom omgestamp.  Aanvanklik het almal gedink dat die beserings nie te ernstig was nie, maar ‘n tydjie later terwyl hy besig was in die badkamer
om klaar te maak vir ‘n kerkkooroefening in die Pretoria-Oos kerk, het Rita gehoor iets val - Louis het haar aangekyk - en geen woord het ooit weer oor sy lippe gekom nie - die beroerte het sy spraak vernietig.  Vir vyf en ‘n half jaar was sy stem nooit weer gehoor nie en het sy stories stil geword.

Marita, sy dogter, het haar vader se sangtalent geërf en is vandag verbonde aan München se operahuis waar sy uitblink in veral karakterrolle.  Toe sy hier was het ek haar gevra wat sy by haar vader geleer het.  My vader was ‘n uitstekende Liedersanger en hy het my geleer om te interpreteer en om ‘n goeie diksie te hê.  Elke woord moet jy verstaan, want jy vertel ‘n storie.  Jy moet kan toneel speel.  As jy die konsonante en vokale reg uitspreek dan is die stem mooi en sit waar dit moet wees.  Toe Hans Hotter hier was in Suid-Afrika het ek saam met hom na my pa se konsert gegaan.  Gedurende pouse sê ek toe vir hom: “Ag,
sy ou stem klink so oud!”  “My kind,” was sy antwoord, “jy mag nie net na die stem luister nie, jy moet luister na sy interpretasie, sy diksie en hoe hy elke woord reg verstaan en in sy siel voel en hoe hy die oordra.”  In die tweede helfte het ek reg begin luister - met my ore, my hart en siel.

Terwyl ek deur die twee boeke van Louis op die tafel, Tlhamab die Boesman en Tlhamab die Boesmankind geblaai het, het Rita vertel hoe hy eendag vir haar kort voor die beroerte gesê het: ‘Jy weet, ek het alles gedoen wat ek wou doen.  Nou kan ek na my vaderhuis gaan.’

Ons almal wat hom geken het, was bewus dat Louis Knobel, wat oorlede is in Augustus 1988, seker een van die kleurvolste lewens gelei het.
LOUIS  KNOBEL
Biography and other information

(Back to Louis Knobel's Home Page)
SOUTH  AFRICAN  CLASSICASINGERS